WELKOM by Naskool@Garsies vir laerskool leerlinge. Ons is hoogs aangeskrewe by Garsfontein Laerskool se leerders en ouers.
Naskool@Garsies is ‘n fasiliteit wat doelgerig is met die laerskool kind as eregas. Leerlinge word by Garsfontein Laerskool se hoofhek in Len Brown straat afgehaal en oor die straat begelei deur personeellede.
Naskool@Garsies bestaan uit 2 persele, een vir die Junior fase (Gr R – Gr3) en Senior fase (Gr 4 – Gr 7) wat beteken daar is meer speelplek vir die kinders.
Ons opvoeding strek verder as slegs akademie, daar word ook aandag gegee aan kinders se sosiale- en emosionele ontwikkeling.
Karen kan direk gekontal word via Whatsapp , indien nodig is sy ‘n oproep weg.
Naskool @ Garsies is begin in 2013 deur myself, Karen, my man, Mornè en ons 3 seuns. Hulle was toe ‘n volle 7,5 en 3 jaar oud. Nou 11 jaar later sit ek met ‘n Graad 8,10 & matriek. Ons het die naskool se deur oopgemaak met ‘n volle 14 kinders, en vandag kan ons spog dat ons aansienlik gegroei het. Die naskool is in die laaste 11 jaar al deur baie gelukkige tye asook moeilike tye. Een van ons grootste “challenges” was om deur Covid te kom in 2020, maar hier is ons nogsteeds. Alles deur Genade. En nou net soos in 2013 is ons grootste begeerte om julle waardevolste besittings op te pas asof hulle ons eie is. Ons glo dat elke kind hier die geleentheid het om net weer kind te wees so tussen deur al die huiswerk, sport en ander aktiwiteite.
Naskool Ure
Gedurende die somer maande (Jan – April, Sept – Des) sluit die naskool 18:00
Gedurende die winter maande (Begin Mei tot Einde Aug) sluit die naskool 17:45
Daar sal ‘n fooi van R100-00 gehef word vir elke 10 minute na 17:45/18:00
Die fooi sal aan die einde van die maand by u staat gevoeg word indien u laat was.
Skool Fooie en betalings
Download gerus ons INLIGTINGS PDF doc met die pryse - DOWNLOAD
Tariewe is streng voor uit betaalbaar voor of op die 3de van elke maand vanaf Januarie tot Desember.
Een kalender maand skriftelike kennis word vereis indien die leerling die skool gaan verlaat, andersins moet een volle maand se naskool fooi betaal word. 3
U laaste kennis dag/maand is 1 September.
Geen kennis sal aanvaar word in Oktober om Desember maand se fooi vry te spring nie.
Naskool fooie verhoog jaarlikes vanaf 1 Januarie. U sal vroeg genoeg gedurende die jaar in kennis gestel word van die verhoging.
Indien u naskool fooie agterstallig is behou die eienaar die reg om u rekening aan die prokureurs te oorhandig, en u kind te weier.
U sal aanspreeklik gehou word vir die regskoste.
Bank besonderhede
Betalings kan in die volgende rekening gemaak word:
Naskool @ Garsies
First National Bank
Rekeningnommer: 62-710-527-948
Tjek Rekening
Verwysing: Kind se naam en van
Huiswerk
Huiswerk begin direk na ete (14:00).
Die doen en voltooi van huiswerk word belangrik geag.
Huiswerk word onder toesig in die klasse by tafels gedoen.
Indien u kind aan baie aktiwiteite deelneem, sal dit vir hom/haar moeilik wees om sy/haar huiswerk te voltooi.
Ouers moet asseblief alle huiswerk na gaan. Dit wys vir u kind dat u belangstel in hulle vordering.
Graad R'e
Graad R'e word elke dag by hulle klasse afgehaal.
Indien hulle aktiwiteite het, word hulle na die aktiwiteits klasse vergesel en weer daar afgehaal na die aktiwiteit.
Ons maak seker hulle voel gemaklik en tuis hier by ons naskool. Hulle word sommer vinnig lief vir die Naskool, net soos ons vir hulle word!
Graad 1′s
Graad 1's word vir die eerste twee weke van die nuwe jaar, na-skool by hulle klasse afgehaal.
Hulle sal ook vir die eerste twee weke tot by hulle aktiwiteite vergesel word, sodat hulle nie verdwaal nie.
Ons maak seker hulle voel gemaklik en tuis hier by ons naskool. Hulle word sommer vinnig lief vir die Naskool, net soos ons vir hulle word!
Graad 1-3 (Huiswerk)
Personeellede is behulpsaam met die doen van huiswerk.
Ons versoek dat ouers weer hersiening by die huis doen.
Kontroleer ook u kind se huiswerk boekie.
Graad 4-7 (Huiswerk)
Personeellede is behulpsaam met die doen van huiswerk.
Ons versoek dat ouers weer hersiening by die huis doen.
Kontroleer ook u kind se huiswerk boekie.
Studie tyd vir leerders Graad 4 tot Graad 7. Daar sal toesig gehou word elke dag vanaf 14:30 tot 16:00. Tydens hierdie tyd kan die leerder huiswerk doen of studeer.
Indien ouers vir ons ‘n studie skedule gee vir die leerder tydens eksamen tyd sal daar seker gemaak word die leerder hou daarby.
Neem kennis dat GEEN take, arbeidsterapie werk of ekstra huiswerk by die naskool gedoen sal word vir enige grad nie.
Aktiwiteite
U kind kan aan al die buitemuurse aktiwiteite van Laerskool Garsfonetein deelneem. Kinders wat wel aan buitemuurse aktiwiteite deelneem word tot binne die skoolterrein vergesel en weer afgehaal.
Dit gebeur wel dat kinders nie hulle betrokke aktiwiteit bywoon nie, en doelloos op die skoolterrein rond dwaal.
Naskool@Garsies of sy personeel kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.
Maak asseblief seker dat u kind wel wil deelneem aan betrokke aktiwiteite, voordat u hulle inskryf.
Indien ouers hulle kinders oplaai by ‘n aktiwiteit moet dit asseblief gekomunikeer word aan die naskool om te verhoed dat ons na leerders soek wat reeds tuis is.
Enige aktiwiteite waar tye verander, gestaak of geskuif word MOET asseblief aan ons deur gegee word.
Enige aktiwiteite wat verander moet vroegtydig deur gestuur word aan 082 224 6890/ 084 489 5535.
Sekuriteit
Streng toepassing van sekuriteit en dissipline sorg dat leerlinge veilig en gelukkig is.
Laat weet asseblief indien u kind nie naskool gaan bywoon die dag nie. Dit verhoed dat ons nie onnodig na u kind soek nie.
Bywonings register en die aktiwiteits rooster is ‘n belangrike deel van ons sekuriteit, sodat ons ten alle tye weet waar u kind is.
Etes
13h00 – 14h00 -Ligte Middag ete
16h00 - “Snack-time” wat ‘n vrug/skyfies of ‘n lekkerny sal wees.
Koeldrank word saam middag ete gegee en daar is vars water heeldag beskikbaar.
Kinders is welkom om hulle eie kosblik saam te bring.
Onthou: Middagete is nie hulle hoofmaal van die dag nie.
Snoepie
Daar is ‘n snoepie beskikbaar op die perseel elke dag van 15:00 to 15:30. Winste sal weer vir die naskool aangewend word.
Skoolvakansies
Naskool@Garsies sluit nie gedurende die skoolvakansies nie, behalwe in Desember. Dit is verstaanbaar dat alle personeel wel ook ‘n breuk nodig het.
Naskool@Garsies is wel gesluit op die amptelike skoolvakansie dae en publieke vakansiedae.
Ouers sal vroegtydig ingelig word om die nodige reëlings te tref.
Naskool@Garsies sluit in Desember op die eerste Vrydag, nadat die skole amptelik gesluit het tussen 11:00 en 12:00.
Naskool@Garsies open weer in Januarie saam met die Gautengse skole.
Gedurende skoolvakansies is die Naskool ure soos volg:
Open 07:00 en sluit 17:45 (winter maande) en 18:00 (ander maande).
Pak maar gerus vir u kind ‘n verrassing in hulle kosblik vir rondom 11:00.
Hulle kan ook hulle eie speelgoed saambring, waarvoor Naskool@Garsies nie verantwoordelikheid sal neem indien dit wegraak of breek nie.
Alhoewel ander Naskole ekstra fooie vra omdat u kind in die vakansie die naskool voldag bywoon, bly die fooie by Naskool@Garsies onveranderd gedurende skool vakansies.
Persoonlikhede en Eiendom
Merk asseblief u kind se skoolklere en eiendom duidelik, onthou alles lyk dieselfde!
Indien u kind opsetlik ‘n ander se eiendom, of skool eiendom beskadig of vernietig sal die vervangings- of herstel koste vir die ouers se rekening wees.
Benodighede
Graad R – 3:
Graad 4 – 7:
Ander inligting
Stel ons asb in kennis as u kind die dag siek is of nie die naskool gaan bywoon nie.
Stel ons ook asseblief vroegtydig in kennis indien ‘n ander person u kind gaan kom optel.
Gedurende vakansietye mag kinders hulle eie speelgoed bring.
Geen DVD’s/ skoot rekenaars of troeteldiere mag ter enige tyd, naskool toe gebring word nie.
Kuier-kind/ers
Geen kuier-kind/ers word toe laat, teensy die dagfooi van R100-00 per kind betaal word nie. Vooraf reëling MOET asseblief getref word.
Kontakbesonderhede
Karen Grobler -
Selfoon: 082 224 6890
Len Brown Straat 517 & 521 (Reg oorkant Laerskool Garsfontein se hoofhek)
Epos: karen@naskool.co.za
Dee Butler -
Selfoon: 084 489 5535